Pre-S[h]ave Oil

Hi Amy,

Further to our chat the other day I wanted to tell you how satisfied I am with your Beard & Shave Oil.

I have been shaving for over 50 years and have always used an electric shaver. One of the downsides of electric shaving is the dragging of the shaver over skin which is not perfectly dry. I started using a well known brand’s pre-electric roll-on which is alcohol based and dries the skin ready for shaving. Some year ago this became unavailable in South Africa and I changed to another brand of pre-electric which served the same purpose. Then about 3 years ago it was also was taken off the market. I conducted an internet search looking for a local pre-shave and found your MichaelGamePlan website and your original MGP Pre Shave Oil. I was a bit dubious as, being oil based, I thought it might clog an electric shaver. I found it worked very well provided it was used sparingly as recommended in your brochure. I have recently upgraded to the latest pivoting head Philips shaver which is also washable. I am now enjoying the best and closest shaves I have ever experienced. Being retired and old school I do not feel comfortable with the latest ‘designer stubble’ look and shave every day, even over weekends.

I strongly recommend your Beard & Shave Oil to anyone who is looking for a comfortable close shave with their electric shaver.

Thank you for a wonderful product.

Regards,
Colin

Improved skin texture

Hi Mike

Trust all is well. I have been using the products for the past 2 weeks, I must say it has improved the texture of my skin; more clear and smoother. I also love the fragrance in the after shave. Really works

For me. I would definitely recommend it to my buddies.

Regards,

Moegamat-zaid Hendricks

Converted!

Good Afternoon Darryl

My name is Gustav Hoffmann, owner of Dynamic Towing Solutions cc, we met 2 months ago when I was despatched to tow in when the Audi you were driving, broke down on the M3 near Constantia.

We talked and you gave me a sample of the Michaelgameplan product range (After shave & Face moisturiser spf15)

Until that point in time I wasn’t really into men’s skincare products, as previous shelf products I tried before had always left my face feeling inflamed and irritated.

Thanks to you and that sample of Michaelgameplan I have a very different view of men’s skincare and have spoken to many of my customers, friends and family about using the product and my experiance thus far.

Therefore, I would like to order more of the product range from you please.
Please find my order attached.
Once again I thank you for your help and look forward to future dealings with you.

Kind Regards

GUSTAV HOFFMANN

Movember and michaelgameplan

michaelgameplan skincare for men is endorsed by Cansa and a portion of the proceeds of all sales is donated to Cansa in support of prostate and testicular cancer initiatives. November is ‘Movember’ month – when awareness around these cancers in men is raised along with funds to support the cause. We invite you to do your bit for men’s health and become a Mo-Bro:

1.  Clean-shave on 1  November [using MGP shaving products, of course] & grow a moustache for the month.

2.  Donate:  Pledge your support with a donation to our michaelgameplan Team on the Movember website.

 

We made the news!

Quote

Check out this awesome write-up in Die Beeld Newspaper:

Nie net seep en water vir dié mans

Voordat Mike Fisher sy eie velsorgreeks vir mans geskep het, het hy deeglik navorsing gedoen oor wat dit is wat mans nou eintlik wil hê. Terésa Coetzee het gaan uitvind. 

Om die mark vir manlike velsorgprodukte te betree is nie die maklikste taak denkbaar nie, want dit is nie asof mans oor ’n bier sit en gesels oor watter nag­room hulle deesdae gebruik of gereeld by skoonheidsalonne aanklop vir gesigsbehandelings nie.

Tog het Mike Fisher vyf jaar gelede ’n gaping in die Suid-Afrikaanse mark gesien en ná ’n besoek aan Amerika en deeglike navorsing het hy besef die tyd is ryp om ’n unieke velsorgproduk vir mans in ons land te skep.

Die gevolg was Michaelgameplan, ’n velsorgproduk nét vir mans wat boonop geen verband met ander vroueprodukte het nie, juis omdat die mark so uniek is en daar steeds soveel vooropgestelde idees oor manlike skoonheidsprodukte is.

Weet wie die mark is

Ons ontmoet by sy kantoor en stoor in die suide van Johannesburg en op die oog af lyk dit maar baie ordinêr en onindrukwekkend vir so ’n suksesvolle reeks. Maar sodra ’n mens met Mike oor die onderneming begin gesels, besef jy hierdie man weet presies wie sy mark is en hoe hul koppe werk.

“Die hedendaagse metroman bestee baie meer tyd en geld aan sy voorkoms en lewenstyl as wat ons dink. Hy het toegang tot al die beste winkels, klubs, gims en haarkappers en hy maak gebruik daarvan.

Die mans van vandag hou daarvan om lekker te ruik en goed te lyk – selfs al is hy ’n geharde boer wat bedags tussen beeste en skape in die oop veld deurbring.

“Maar tog soek mans steeds produkte wat vinnig en maklik is om te gebruik. Mans se velsorgroetine behels steeds basies skeer, afskilfering en bevogtiging,” verduidelik Mike.

Deeglike navorsing

Volgens data wat deur Euromonitor versamel is, het die internasionale manlike velsorgmark in die tydperk van 1999 tot 2003 verdubbel en sedertdien het die mark selfs wéér verdubbel.

“Ons het werklik deeglike marknavorsing gedoen oor die sielkunde van manlike kopers en op baie interessante feite afgekom.

Hulle hou byvoorbeeld baie van gratis proefprodukte as hulle skoonheidsprodukte koop en almal wil graag voel hulle het ’n winskopie losgeslaan. Die reuk van produkte is belangrik en wanneer jy iets koop, wil jy voel jy is besig om jou en jou voorkoms te verbeter.

“Die ding waarvan kopers die minste hou, is die prys van produkte en hulle wil ook nie wonder of die produk gaan werk of nie. Verkoopsmense wat jou boelie om ’n produk te koop sit mense baie af en ook as hulle spesiaal winkel toe gaan om iets te koop en nie die produk vind waarna hulle soek nie.

“Mans hou ook nie van te veel keuses nie; dit laat hulle maklik oorweldig voel,” sê Mike.

“Hulle koop veral by massa-winkels en daarna apteke. Mans besoek nie oor die algemeen so gereeld spa’s en skoonheidsalonne soos vroue nie en fabriekswinkels is ook nie hoog op hul lys nie.”

Maklike aanwysings

Met Michaelgameplan was hy van die begin af vasbeslote om ’n eenvoudige reeks te skep met gebruiksaanwysings wat mans maklik kan verstaan en die verpakking moes manlik en maklik herkenbaar wees.

Omdat daar so ’n diversiteit van kulture en mense in ons land woon, moes hy boonop iets skep wat vir swart en wit, oud en jonk aantreklik is.

Mike het onlangs ’n kontrak gesluit met die Edgars-groep en die produkte gaan voortaan eksklusief in al die Edgars- en Edgars Red Square-winkels te koop wees.

“Dit is iets waaroor ons baie opgewonde is. En ja, ons het die reeks al baie uitgebrei. Dis net ’n kwessie van tyd voordat die manne openlik gaan erken hulle gebruik oogroom, en selfs spesiale helende handeroom…”